Noord-Afrika het gebed nodig

Noord-Afrika het gebed nodig

Hou aan bid vir Libië.
Bid vir die veiligheid van burgerlikes en ook terwyl die TNC besig is om 'n regering te vorm, bid vir wyse leiers wat regverdige keuses maak. Bid ook dat die Koninkryk van God regoor die nasie sal groei.

Bid vir die Tunisiese verkiesings
Tunisië gaan op 23 Oktober deur die algemene verkiesing. Die partye wat aan die verkiesing deelneem, het nog nooit tevore die moontlikheid gehad om verkies te word nie, of hul agenda breedweg uit te spreek nie. Die mense het nog nooit die geleentheid gehad om te sien hoe die leiers van hierdie partye sou optree wanneer hulle aan bewind was nie. Dit is noodsaaklik om in hierdie tyd te bid vir die regte leiers om verkies te word, meeste mense is seker nog onseker oor wie om te stem en ons weet God kan die verkiesings beïnvloed.