Sierra Leone ondergaan transformasie

Sierra Leone ondergaan transformasie

Veronica Wisdom Conteh, 'n lid van die IPC-leierspan, berig dat God transformasie bring na haar nasie, een van die wêreld se armstes, deur 'n opeenvolging van drie 90-dae gebed- en vaspogings van 2009-2011. President Earnest Bai Koroma het sterk steun aan hierdie poging gegee.

Gebaseer op Hosea 6:1-3, het hierdie gebed en bekeringpoging tot gevolg gehad dat 80% van die vernaamste stamhoofde, burgemeesters en leiers op Christus se oproep gereageer het en hulle mense oortuig het om deel te neem. Aan die einde van elke 90 dae lange poging het hulle by die nasionale stadion en ander stadions bymekaargekom om hul nasie aan God toe te wy. Die President, Ministers, Parlementariërs en ander nasionale leiers het deelgeneem, en God antwoord met tasbare gevolge op die gebied van verbeterde gesondheid, padkonstruksie, elektrisiteit, onderwys, landbou-ontwikkeling, ekonomiese stabiliteit en die vervolging van korrupsie. Vir 'n gedetailleerde verslag, kontak Veronica Conteh by: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Prys die Here vir hierdie wonderlike getuienis oor die krag van gebed en bekering om Sy hulp te bring vir holistiese transformasie van nasies!