Christene in Egipte verenig in gebed

Christene in Egipte verenig in gebed

In 'Garbage City' in Kaïro woon duisende mense tussen die groeiende vullishope wat hulle elke dag vir hul bestaan sorteer. Die stank is soms oorweldigend. Die mense is die armste van die armes en baie is gelowiges. Hulle het 'n bekende kerk genaamd die Grotkerk, wat hulle in 'n berg uitgehol het, en wat sitplek vir 20 000 mense het. Al langs die kante van die berg het hulle Bybeltonele en Bybelverse in Arabies gegraveer. Dit is 'n wonderlike gesig.

Dit was die plek van 'n deurnag gebedsbyeenkoms op 11 November, wat 'n oorvol 75 000 mense van alle denominasies bygewoon het om vir die nasie te bid. Dit was die eerste keer in die geskiedenis van Egipte dat leiers van alle denominasies saam verenig het vir so 'n gebeurtenis. Baie mense het die diens gekyk op skerms wat oral op die berg opgestel is en aangesluit - hande opgelig, oë na die hemel, en trane het oor hul gesigte gevloei. Kyk na hierdie indrukwekkende video (http://www.youtube.com/watch?v=q62ZcqIukfI) van die gebedsbyeenkoms.

Prys die Here vir hierdie massiewe gebedspoging en gaan voort om vir Egipte te bid in sy reis om 'n nuwe politieke werklikheid te vind wat volle vryheid en menseregte vir sy burgers sal verseker.