Jongste verslae van bronne na aan Pastoor Nadarkhani se saak het CSW ingelig dat Pastoor Nadarkhani se prokureurs aangesê is om middel Desember 'n besluit van die Opperleier te verwag. Uitspraak word middel Desember verwag, maar kan tot Kersfees uitgestel word. CSW het vandeesweek verneem dat Iran se Opperleier, Ayatollah Khamenei, na verwagting middel Desember 'n besluit oor pastoor Nadarkhani se saak sal neem, wat vrese laat ontstaan dat dit uitgereik kan word om saam te val met die Kersseisoen om 'n internasionale uitroep te vermy. Die hof in Rasht het twee briewe oor die saak aan die Opperleier gestuur, maar wag steeds op 'n antwoord.
Bid asseblief vir sy regverdiging en vrylating en vir sy moed om vir Christus te getuig tydens die res van sy gevangenskap en verhoor.