Palestyne en Israeli's sal hierdie week weer praat

Palestyne en Israeli's sal hierdie week weer praat

Palestynse en Israeliese onderhandelaars sal weer vir die eerste keer in meer as 'n jaar vergader in 'n poging om stilstaande vredesgesprekke te laat herleef. Hulle sal in Jordanië vergader saam met die Jordaanse amptenare en verteenwoordigers van die VSA, Rusland, die EU en die VN. Jerusalem en Palestynse eise vir 'n bevriesing van nedersettings. Koning Abdullah van Jordanië het die laaste paar maande in die proses ingegryp weens sy belangstelling in 'n gematigde Palestynse staat wat in die Wesoewer en die Gasa gevestig word en wil nie enige gedagtes aanmoedig dat 'n Palestynse staat eerder in Jordanië gestig word nie. Eerste Minister Netanyahu en sy administrasie vrees dat enige Palestynse staat in die Wesoewer uiteindelik deur Islamiete oorgeneem sal word.

Sulke gesprekke is van kardinale belang vir die welstand van nie net die Midde-Ooste nie, maar van die hele wêreld. Bid asseblief vir almal wat by hierdie vredesgesprekke betrokke is en dat hulle deur die Here gelei en gehelp sal word in 'n proses van werklike versoening en genesing van hierdie jarelange vete tussen die twee volke.