EEN MILJOEN Christene sal op 14 April 2012 vir TWEE MILJARD kinders onder die ouderdom van 15 bid. Hierdie seuns en meisies verteenwoordig die grootste onbereikte mensegroep in die wêreld. Twee derdes leef buite Christus. Hulle ewigheid hang in die weegskaal. Wêreldwye 4/14-dag is 14 April 2012. Dit is 'n internasionale dag van bid en vas vir kinders tussen die ouderdomme 4 - 14. Alle kinders in hierdie demografie staan bekend as die "4/14-venster." Hoekom? Want gedurende hierdie dekade of "venster" ontwikkel die meeste kinders hul morele en geestelike fondamente. Hulle is meer oop en ontvanklik vir die evangelie van Jesus Christus. 8 uit 10 mense wat 'n besluit vir Christus neem, doen dit tussen die ouderdom van 4 tot 14. 'n Nuwe webwerf, www.Global414Day.com is nou aanlyn en beskikbaar in verskeie tale. Dit is jou uitnodiging om by die beweging aan te sluit en vir kinders te bid op Global 4/14 Day.
'n Koalisie van Christus-volgelinge en Christelike leiers van regoor die wêreld het saamgespan om jou van hierdie geleentheid te vertel. Sal jy by ons aansluit? Merk jou 2012-kalender.
BID!
Steve Karges
Koördineerder
Wêreldwye 4/14-dag
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.