Liewe Biddende Vriende!
My hart is so stukkend vir my nasie! Die nasie is onder groot aanval van die bose! Egiptenare teen Egiptenare. Chaos. Byna geen sekuriteit bestaan nie!
Gisteraand, 1 Februarie, na 'n sokkerwedstryd, is 74 mense dood en sowat 300 beseer. Lees meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-middle-east-16848473
Dit is 'n kreet namens 88 miljoen mense in Egipte!
• Bid vir genade.
• Bid dat die Christene die gees van wysheid en openbaring sal hê.
• Bid dat die Here die bose en sy planne om te steel, te vernietig en dood te maak sal blootlê.
• Laat die Here jou sy hart vir Egipte gee.
Dankie vir jou gebede. Dankie dat jy in hierdie dringende tyd van nood staan!