Birma

Bid asseblief vir die oplossing van Birma (Myanmar) se voortslepende etniese konflikte, selfs al was daar 'n mate van verbetering van die politieke situasie in die land met die vrylating van Aung San Suu Kyi en ander pro-demokrasie-aktiviste uit huisarres en gevangenisstraf. Bid vir effektiewe samesprekings en werklike, blywende wapenstilstand tussen die Birmaanse regering en verskeie stamgroepe.

Die Free Burma Rangers (FBR) se missie is om hoop, hulp en liefde te verskaf aan intern ontheemdes binne Birma, ongeag etnisiteit of godsdiens. Deur 'n netwerk van inheemse veldspanne te gebruik, doen FBR verslag oor menseregtevergrype, ongevalle en die humanitêre behoeftes van mense wat onder die verdrukking van die Birma-leër is. FBR verskaf mediese, geestelike en opvoedkundige hulpbronne vir GOP-gemeenskappe terwyl hulle sukkel om Birmaanse militêre aanvalle te oorleef.
Vir meer inligting, besoek gerus www.freeburmarangers.org.