Sentraal-Asië-opdatering

Sentraal-Asië-opdatering

Dit lyk of die situasie vir godsdiensvryheid regdeur Sentraal-Asië oor die hele streek versleg. Turkmenistan en Oesbekistan is al vir etlike jare moeilik. Christene is gearresteer en swaar beboet en sommige het tyd in die tronk deurgebring vir hul geloof. Dit het al hoe moeiliker geword om nuwe kerke in hierdie nasies te registreer.

Die afgelope jaar of wat het die situasie egter ook in Kazakstan, Kirgisië en Tadjikistan versleg. Nuwe wette is in al hierdie nasies aangeneem wat godsdiensvryheid grootliks beperk. In Kasakstan is kerke oorval en pastore is beboet of aangehou vir ondervraging. Die nuwe wet vereis dat alle kerke herregistreer by die regering en kerke met minder as 50 lidmate kom nie in aanmerking vir registrasie nie. In Tadjikistan verbied die nuwe wet kinders of jeugdiges onder die ouderdom van 18 om godsdienstige vergaderings by te woon, wat hulle verhinder om die kerk by te woon.

Ten spyte van die moeilikhede is ons nie moedeloos nie! Ons verstaan dat die kerk histories gefloreer het onder vervolging. Ons glo God vir die groot oes wat Hy in hierdie strategiese deel van die wêreld belowe het! Sal jy met ons saamstem in gebed dat God op 'n ongekende manier oor die antieke Sypad sal beweeg?