“Dinge gebeur altyd wanneer ons bid, veral wanneer ons in liefdevolle eenheid bid. (Ons) kan God saam hoor en tot ooreenkoms kom. (Ons) kan in die bres staan, vergifnis vra, bind en losmaak, en seën verkondig.” John Dawson
Teheran, Iran: Die regerende Islamitiese Regime van Iran is nie net bekommerd oor die groei van Christenskap in die land nie, maar is ook bekommerd oor die toename in neiging van Maleiers tot Christenskap.
Na 'n onlangse konferensie wat gefokus is op die Indo-Maleisiese wêreld van Suidoos-Asië, voel ons hoe die Heilige Gees ons nuut stimuleer tot liefdevolle en verenigde voorbidding
vir die land van Maleisië en die Maleise mense.
• Prys die Here daar is meer aan die gang as wat enige een van ons weet ... daarom bid ons: 'U Koninkryk kom, Here, regoor Maleisië ... onder elke gemeenskap, in elke situasie ... tot U eer!'
• Bid vir 'n uitstorting van genade oor elke werker, elke gelowige, elke kerkgemeenskap, en vir 'n oorvloed van die liefde van God teenoor die onbereikte meerderheid in die nasie.
• Bid vir 'n toenemende, soewereine roering van die Heilige Gees in die hart van elke Maleier, en deurbraak met miljoene wat na Jesus oopmaak.
• Bid dat God diegene met 'n apostoliese roeping en gawes onder die Maleiers sal oprig om hul eie mense met die Evangelie te bereik.