(http://globaldayofprayer.us4.list-manage2.com/track/click?u=61b0c63c85d40ff9701a40c76&id=ec891bce89&e=f9768a534f)
berig die volgende:
Etniese Toeareg-rebelle het beheer oor drie hoofprovinsies in die noorde van Mali oorgeneem. Die Nasionale Beweging vir die Bevryding van die Azawad (NMLA), wat die rebellie gelei het, beweer dat hulle sekulêr is. Hulle is egter bygestaan deur jihadiste wat spesifiek veg vir 'n Islamitiese staat waarin Sharia (Islamitiese wet) afgedwing word.
Sodra die NMLA sy doel bereik het, het sy bondgenoot, 'n jihadistiese faksie bekend as Ansar Dine, beheer oorgeneem, die swart vlag van Al-Kaïda gehys en die instelling van Sharia aangekondig. Bronne sê daar wapper nou vier vlae in die Gao-provinsie - dié van die NMLA, Boko Haram, Ansar Dine en Al-Kaïda.
Die rebellie het wydverspreide geweld tot gevolg gehad. Verkragtings is aangemeld en massiewe vernietiging en plundering het die humanitêre hulpsektor lamgelê. Daarbenewens is Christelike liefdadigheidsorganisasies en kerke vernietig. Feitlik die hele Christenbevolking van noordelike Mali is gedwing om te vlug.
Bronne: Assist News Service en Religious Liberty Monitoring
BID:
• Bid asseblief vir die vertroosting, voorsiening en beskerming van Mali Christene wat geviktimiseer en ontheem is.
• Bid dat God die planne van die goddeloses sal verydel en sal verhoed dat Mali 'n heiligdom vir Islamitiese ekstremiste word.
• Bid vir herlewing en dat baie in Mali hulle tot die Here sal bekeer