Christene vermoor – Sedert die instelling van Sharia-wetgewing in Noord-Nigerië in 2001, is meer as 13 750 Christene vir hul geloof deur Moslems vermoor.
Kerke vernietig – Net sedert Desember 2011 is meer as 300 kerke in Noord-Nigerië vernietig.
Bedreiging - Vyf miljoen Christene in Noord-Nigerië leef onder erge vervolging. Radikale Islamitiese groepe stel gereeld ultimatums aan Christelike gemeenskappe: "Jy het drie dae om te vertrek, of jy sal sterf!" Christene regdeur Noord-Nigerië ly steeds aan 'n reeks aanvalle wat dikwels vooraf beplan en goed gekoördineer is. Daar is baie pogings om hulle te dwing om hulle tot Islam te bekeer onder die bedreiging van die dood. Baie het moedig as Martelare gesterf eerder as om Christus te verloën.
Jihad – Islamiste in Nigerië noem dit Odium Fidei – The War of Religion. In die dorpie Dogo Nahawa het Islamiete met kapmes meer as 300 Christene vermoor, meestal vroue en kinders.
'n Slag om die siel van 'n land - Baie Moslems, beide vervolgers en diegene wat ontsteld is oor die gedrag van die Radikale Jihadiste, is die afgelope jare vir Christus gewen. Die omvang van vervolging van Christene deur Moslems in Noord-Nigerië het die afgelope dekade versnel. Baie honderde, selfs in die duisende, kerkgeboue is beskadig of vernietig, en duisende gelowiges is vermoor.
Moslems kom na Christus – 'n Evangelis in Noord-Nigerië skryf aan ons: “Islamitiese haat vir die Evangelie van Christus word op baie maniere gesien. Op 'n Moslem webwerf onder die titel Evangelism Invasion kla hulle dat Christelike Evangelisasie 'n groot bedreiging vir hulle geword het. Moslems word aangehits om die Evangelie te verwerp en teen te staan, en beweer dat Noord-Nigerië Islamities is, en geen Moslem behoort na die Evangelie te luister of te aanvaar nie. Bid asseblief vir my en my span. Ons is verplig om die Evangelie te verkondig, ongeag die risiko's daaraan verbonde. Sommige Moslem-kinders kry die pakslae van hul lewens net vir hul teenwoordigheid in uitreiksentrums, maar die slae het hulle ook nie gekeer om die volgende dag te kom nie. Te midde van die bomme beweeg God steeds kragtig in Noord-Nigerië. Moslems leer Christus ken, die enigste weg na verlossing.”
“Ten slotte, broeders, bid vir ons, dat die Woord van die Here vinnig mag loop en verheerlik word, net soos dit by julle is, en dat ons verlos mag word van onredelike en goddelose mense; want nie almal het geloof nie.” 2 Tessalonisense 3:1-2