Birma

'n Vrou in Birma het met CSW gepraat oor die verskriklike verwoesting wat die Birma-weermag op haar dorpie aanrig. Die soldate het die hoofsaaklik Christen burgerlikes in die Kachin-staat gemartel, verkrag en vermoor – en het kerke langs die pad in puin gelaat.
Birma se regerende militêre junta probeer die wêreld oortuig dat hulle die land meer vreedsaam en demokraties maak. En dit is waar dat sommige veranderinge aangebring is. Maar terwyl verkragting, moord en vernietiging van kerke in Kachin en ander state plaasvind, is die volle storie duidelik baie anders.
Kerke beset en vernietig
“Dorpbewoners het van hul eiendom in die kerke gestoor, met die gedagte dat die kerk veilig sou wees, maar die Birma-weermag troepe het gevat wat hulle wou...Hulle het drie dae in die kerk gebly en byna alles vernietig – die blare vir die dak , persoonlike eiendom - en hulle het huise naby die kerk afgebrand.”
Helen (nie haar regte naam nie) het reeds na 'n vlugtelingkamp gevlug toe ons met haar gepraat het. Haar dorpie is deur die Birma-leër binnegeval met die troepe wat beide die Rooms-Katolieke en Baptiste kerke beset en vernietig het. “Ons plunder nooit, vernietig of verontagsaam Boeddhistiese pagodes nie, maar hulle doen dit met ons kerke.”
Sy het ons ook vertel van die soldate wat geld en besittings van die dorpenaars gesteel het. 'n Hoogswanger kleuteronderwyseres het 500 000 kyats (US$500) gespaar vir die baba se geboorte, maar die troepe het haar van hierdie geld beroof. Toe sy by hulle pleit om die geld terug te gee, het hulle haar 'n bietjie teruggegee, maar die res behou.

Gaan voort om te bid dat die hervormingsproses wat aan die gang is in die sentrale regering uitgebrei sal word na alle dele van die nasie sodat daar 'n einde sal wees aan hierdie etniese konflik en mishandeling van minderheidsvolke soos die Kachin.