“Skryf die visioen op en maak dit duidelik op tablette, dat hy kan hardloop wie dit lees. Want die gesig is nog vir 'n vasgestelde tyd.”—Habakuk 2:2-3a
Ons is in 'n kairos-tyd in die wêreldgeskiedenis. Met nasies in rep en roer, ekonomieë in omwenteling, maatskaplike orde wat agteruitgaan en tye wat toenemend onstuimig is, wink God Sy kerk om Sy Koninkryk te bevorder. As reaksie sal Transform World 2020 Gebedsberaad plaasvind vanaf Sondag, 24 Maart, tot Woensdag, 27 Maart, by die IHOPKC-sending se basis in Kansas City, VSA. Dit sal deur Transform World (http://www.transform-world.net/new/) en die International House of Prayer Kansas City (http://www.ihopkc.org/) aangebied word. Die Transform World 2020-gebedsberaad is 'n konvergensie-oproep tot die liggaam van Christus vanuit elke kulturele sfeer en generasie om 'n sewe jaar lange gebedsfokus op die kritieke uitdagings wat die kerk nou in die gesig staar, aan die brand te steek, te mobiliseer, te verbind en effektief te loods. Sien inleidende video en plan vir die stigting van 100 000 Gebedsbyeenkoms-leërskare op video by http://transformworld2020.com.s96484.gridserver.com/
Deur 70 aaneenlopende ure van aanbidding, gebed en profetiese oordrag; die beraad sal die 7 kritieke globale uitdagings wat die liggaam van Christus nou in die gesig staar aanspreek met 'n visie vir voorbidding tot geestelike deurbraak in hierdie gebiede. Daar sal doelgerigte koppeling van ministeries en leiers uit die 7 sfere/berge van kultuur oor die 10 streke van die wêreld wees om saam te werk om hierdie uitdagings effektief die hoof te bied. Ons sal ook fokus op die 4/14-venster en die volgende generasie.
Jy word uitgenooi om aan hierdie strategiese geleentheid deel te neem deur te dien as een van die 100 000 Gebedsbyeenkoms-leërskare waarvoor ons God vra. Met 100 000 plekke wat via webstroom deelneem, sal ons 'n geprojekteerde 5 miljoen gebedskrygers hê wat in gebed aan mekaar gekoppel is, wat met ons veg vir geestelike deurbraak!
Hier is wat 'n Gebedsbyeenkomsgasheer sal doen:
• Onderneem om by ons aan te sluit via webstroom vir ten minste een van die beraad se 2-uur sessies waar jou groep 'n 15 minute vermaning van een van ons sprekers sal hoor en saam met ons betrokke sal raak in gebed vir daardie sessie se fokus.
• Bepaal vir watter van die sessies jy die graagste sou wou inskakel. Klik hier (http://transformworld2020.com.s96484.gridserver.com/host/) om die volledige geleentheidskedule te sien.
• Registreer deur hier te klik (http://transformworldprayergatheringhost-eorg.eventbrite.com/). Klik 'registreer' en vul die registrasievorm volledig in. As jy probleme ondervind, klik 'kontak die organiseerder' vir bystand.
• Nooi ten minste 5 vriende na jou gekose plek om aan te sluit by die Transform World Prayer Summit via regstreekse webstroom.
• Laat weet jou vriende van die geleentheid deur ons op Facebook te “laaik” (https://www.facebook.com/pages/Transformed-World-2020-Ihopkc-Global-Prayer-Summit-March-24-27-2013/ 443647259030766?fref=ts) OF deel die geleentheid op Twitter vanaf ons registrasie (http://transformworldprayergatheringhost-eorg.eventbrite.com/) bladsy.
• Skakel in via regstreekse webstroom op 24-27 Maart om die sessies waartoe jy jou verbind het, te sien. Die webadres vir die geleentheid se regstreekse stroom is: www.ihopkc.org/tw
By voorbaat dankie vir jou bereidwilligheid om aan hierdie geskiedkundige gebeurtenis deel te neem.