Pastoor Saeed, 'n Amerikaanse burger, is in ernstige gevaar in 'n wrede Iranse tronk waar hy sê hy ervaar "intense pyne ná slae in ondervragings" en is meegedeel dat hy "sal hang." Sy verhoor voor een van Iran se “hangende regters” sal Maandag begin. Sy beweerde “misdaad” – bedreiging van nasionale veiligheid, wat neerkom op die stigting van huiskerke in Iran.
Die regime beplan om bewyse te gebruik wat 13 jaar terug dateer tot toe pastoor Saeed van Islam na die Christendom bekeer het. Soos ons weet uit die saak van Pastoor Youcef, wat nou vry is omdat duisende mense gepraat het, kan aanklagte wat verband hou met die bekering van Islam die doodvonnis in Iran oplewer. Die ACLJ doen 'n beroep op die Amerikaanse departement van buitelandse sake om te eis dat Iran hierdie Amerikaanse burger onmiddellik vrylaat. Ons kan nie stilbly terwyl hierdie Amerikaner vir sy geloof ly nie.
Jordan Sekulow, ACLJ Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kom ons bid dat Pastoor Saeed vrygespreek en vrygelaat sal word. Bid vir sy beskerming teen brutaliteit, mishandeling en binnekort vrylating uit die tronk.