Print this page

Soedan en Suid-Soedan Gebedsketting

Soedan en Suid-Soedan Gebedsketting

Van die Soedan Ondersteuningsnetwerk (SSNet): Ons voel verplig om 'n 40-uur gebedsketting vir Soedan en Suid-Soedan vir die naweek van 25 tot 27 Januarie 2013 te mobiliseer.

Om presies te wees: Volgende naweek, vanaf Vrydagaand 19:00 tot Sondag 11:00.

Die struktuur is redelik maklik om te verstaan: 40 gleuwe van 1 uur elk. Ons wil gelowiges uit verskillende nasies aanmoedig om verantwoordelikheid te neem vir 'n deel van daardie 40 uur. Dit maak nie soveel saak of dit in die verskillende tydsones nie presies ooreenstem nie; ons glo dat dit in die hemel sal optel.

Stuur asseblief vir my spesifieke verbintenis(s) na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Kan ek aanmoedig dat jy inteken en ander vra om ook volgende naweek vir 1 uur of meer te doen in gebed vir Soedan.

Sleutelaanwysings vir gebed:
*Psalm 2 – die hele Psalm

*Uit die Skrif wat hieronder gegee word, is dit 'n ontnugterende gedagte dat die afgelope maand meer as 100 Christenwerkers uit Soedan geskop is. Op die oomblik is hulle besig om die stukke op te tel. Die proses gaan meedoënloos voort! Dit herinner BAIE aan toe Christenwerkers in die 1950's "en masse" uit China geskop is. Almal het gedink dis die einde van Christenskap in China, maar nou weet ons dat GOD dit moes doen vir die groei wat sou kom.

Bid dat God inheemse gelowiges sal oprig om die aflosstokkie in Soedan op te neem. (Hy doen dit reeds).

Bid genesing en rigting vir diegene wat uitgeskop word en die stukke optel.

Vir meer inligting oor Soedan, gaan asseblief na www.Sudan4Jesus.com .