Werkers binne Libië het 'n gebedsinisiatief begin om vir Libië te bid en te vas gedurende die eerste 90 dae van 2013. JY word uitgenooi om by hulle aan te sluit!
Hulle skryf:
"Iets ongelooflik is besig om in die nasie van Libië te gebeur. God werk op 'n ongekende manier. Ons vertrou in geloof dat Dissipelmaakbewegings in 2013 sal begin. Ons is in 'n ongekende tyd van geskiedenis in hierdie nasie. Daar is baie nuwe werkers binne Libië wat daartoe verbind is om te bid en vas vir die mense van Libië vir die eerste 90 dae in 2013. Sal jy bereid wees om saam met ons aan te sluit om hierdie deurbraak te sien gebeur vanaf 1 Januarie en eindig 31 Maart? deur 'n dag in die week of die maand te kies wat jy wil deelneem aan hierdie gebedspoging en dit ook deur te gee aan soveel mense wat jy ken om lief te hê en vir Libië te bid!"
Gaan na: https://www.google.com/calendar
Gebed:
1. Bid dat die Here die plaaslike gelowiges teen ekstremiste sal beskerm.
2. Bid vir stabiliteit en 'n regering wat wet en orde sal bring sonder om nog 'n totalitêre regime te bring.
3. Bid vir werkers om makliker verblyfpermitte te kry.
4. Bid dat Arabiese Christene gewillig en in staat sal wees om werk te kry en hul geloof te deel.
5. Bid dat uitgewekenes wat gaan, daartoe verbind sal wees om te bly nadat hulle die moeilikhede van die lewe in die land teëgekom het.
Jy kan meer inligting lees om jou gebede te help inspireer deur hierdie webwerf te besoek: http://pray4libya.net