Oproep tot gebed uit Viëtnam

Oproep tot gebed uit Viëtnam

Soos Christene sal weet, het ons regering op die 8ste November 2012 Dekreet 92/2012/ND-CP gepromulgeer, 'n dekreet wat uiteensit hoe om die Ordonnansie op Godsdiens en Geloof van 2004 te implementeer. Die dekreet is onderteken deur Eerste Minister Nguyen Tan Dung en het op 1 Januarie 2013 in werking getree.

Geagte mede-Christene – die implementering van hierdie dekreet sal baie ongerief en ontberings vir kerkaktiwiteite veroorsaak, en terselfdertyd alle huiskerke wat reeds 25 jaar gelede tot stand gekom het onwettig maak. Die artikels in die dekreet voorsien ook plaaslike amptenare van wetlike middele waardeur hulle die aanbidding van God en ander aktiwiteite in plaaslike gemeentes kan belemmer.

1. Vra dat die Almagtige God sal aanhou om die Kerk te beskerm en te regverdig (Handelinge 5:38, 39)
2. Vra dat God gelowiges in alle plaaslike gebiede sal beskerm en dat hulle getrou sal vergader om die Here te aanbid en standvastig in alle omstandighede te staan (Hand. 5:41, 42)
3. Vra dat God leiers van ons Viëtnamese nasie sal gee om die vele voordele wat die kerke tot die samelewing bydra, te erken (1 Timoteus 2:1, 2)
4. Vra God om 'n toegewyde geslag op te rig en sy kerk te besoek sodat ons ons roeping om die "sout van die aarde" en "die lig van die wêreld" te wees, kan vervul. (Matteus 5:13, 14)