Maak gereed vir die Oes
Hoe om te evangeliseer?
Op hierdie dag sal miljoene Christene die Evangelie deel, baie van hulle vir die eerste keer. Maak nie saak hoe ervare jy reeds is nie, almal kan steeds leer en verbeter. Begin om jou kerk, tuisgroep en jouself voor te berei vir hierdie spesiale dag van uitreik. Dis nie moeilik nie...Almal kan leer hoe om met mense te praat en hulle na Jesus te lei.
Almal kan iemand bereik.
Almal het iets om te gee.
Almal kan leer hoe om dit te doen.
Hier sal jy drie praktiese en verstaanbare leringe vind wat jou sal help:
"Almal kan iemand bereik!" Opleidingsboekie met praktiese instruksies hoe om met mense te praat en iemand na Jesus Christus te lei. Laai pdf af (baie tale) http://www.globaloutreachday.com/resources
Wat is ons boodskap? Jy is die boodskapper! Ken jy die boodskap?
http://www.globaloutreachday.com/resources
Beginsels van kommunikasie – Jy het die beste boodskap! Leer hoe mense daarna sal luister!
http://www.globaloutreachday.com/resources
Wat doen jy op 25 Mei?
In die weke voor 25 Mei
Op 25 Mei: Reik uit na ten minste een persoon met die Evangelie.
Daar is onbeperkte moontlikhede om dit te doen.
Een vir een - Nooi iemand vir 'n koppie koffie en vertel hom van Jesus.
Twee vir Twee – Ontmoet in jou kerk en verdeel in klein spanne. Gaan dan twee-twee om die mense te bereik waar hulle is – op straat, in die markplekke, in hospitale, ens.
Sorg en deel – Doen iets goeds vir iemand en deel dan die Goeie Nuus met hom.
Jy sal baie meer idees oor hoe om te evangeliseer op 'n spesiale bladsy op ons webwerf vind .
http://www.globaloutreachday.com/getinvolved#node-232
Kyk die video: