Kondig die Midde-Ooste Gebedsbyeenkoms aan, 1-4 Oktober 2013

Kondig die Midde-Ooste Gebedsbyeenkoms aan, 1-4 Oktober 2013

'n “Slegs op uitnodiging” byeenkoms van bedieningsleiers uit die nasies van die Midde-Ooste-streek saam met leiers van ander gebedsbewegings om te bid vir Sy transformasie van hierdie historiese en belangrike streek. As jy 'n bediening in hierdie streek lei en belangstel om deel te neem of ander wil aanbeveel om dit te doen, kontak asseblief die IPC-kantoor by: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. .

Dat hulle almal een mag wees, Vader, net soos U in My is en Ek in U. Mag hulle ook in ons wees sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. (Johannes 17:21)

Larnaca, Ciprus, 1-4 Oktober 2013

Geborg deur International Prayer Council en World Prayer Assembly

Genooides: Kerk- en gebedsleiers van regoor die Midde-Ooste-streek met 'n paar bykomende gebedsleiers van ander nasies wat die byeenkoms kom ondersteun.

'n Oproep om saam vir die Midde-Ooste te bid:

Vanaf tye van die Bybel tot nou, het God die verenigde gebed van Sy volk gebruik om die geskiedenis van nasies te verander. Hy het geweldige gesag aan gelowiges gedelegeer om 'n verskil te maak. Jesus het gesê dat ons moet bid: “Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel”. Een teoloog het geskryf: "Die geskiedenis behoort aan die voorbidders, wat glo dat die toekoms tot stand kom."

Die huidige status van konflik, oorlog en lyding in die Midde-Ooste-streek is nie God se doel nie, maar die resultaat van menslike en demonies-geïnspireerde antagonismes wat nasies, etniese en godsdienstige groepe teen mekaar sit vir die ellende en vernietiging van almal. Die Here wil hê dat Sy vrede, genesing, liefde, geregtigheid en goedheid die streek moet bedek. Ons verenigde gebede ondersteun deur baie ander regoor die wêreld sal 'n nuwe dag vir hierdie belangrike area van ons wêreld fasiliteer!

Doelwitte:

  1. Om Christelike leiers van regoor die streek bymekaar te maak om onder die heerskappy van Jesus Christus te ontmoet en om met eenheid, geloof en die gesag wat Hy aan ons gegee het te bid vir die genesing en transformasie van die nasies van die Midde-Ooste.
  1. Om die ondersteuning van die internasionale gebedsbeweging vir hierdie inisiatief gedurende 2013 te werf, om hulle in te lig oor die behoeftes van hierdie strategiese en geestelik behoeftige streek van ons wêreld.
  1. Om sterker, dieper verhoudings tussen bedieningsleiers uit al drie Christelike tradisies (Katoliek, Ortodoks en Protestants) te bou vir groter samewerking in gebed en aksie.
  1. Om die eenheid van die Liggaam van Christus te versterk deur die gebedsbeweging in die streek te verbind en te versterk.

Program:

Elke nasionale groep sal die huidige situasie en behoeftes in hul land (polities, ekonomies, kultureel en geestelik) kan aanbied, waarna ons saam na die Here gaan vir in-diepte sessies van gebed, luister en voorbidding terwyl Hy ons lei . Ons wil op Sy golflengte kom om te hoor wat Sy hart vir elke nasie is en hoe ons moet bid vir Sy genade en verlossing (Jesaja 55:8-9, Jeremia 23:18).

Beplanningspan:

'n Internasionale en streekbeplanningspan met verteenwoordigers van die nasies en Christelike tradisies van die Midde-Ooste saam met leiers van die Internasionale Gebedsraad sal die program reël. Ons verwelkom u voorstelle en gebede vir die beplanningsproses.

Bid asseblief saam met ons vir hierdie deurslaggewende en geskiedkundige byeenkoms dat die mense van God se keuse uit baie uiteenlopende kulturele en kerklike agtergronde sal kan saamkom vir hierdie versoeningsgebedsgeleentheid.

http://www.middleeastprayerassembly.org/