Print this page
Soedan

Die politieke situasie bly gespanne soos die United Front (opstandelinge van die Nuba-berge, Darfoer en die Blou Nyl-state) beheer oorgeneem het van dorpe sowat 400 km van Khartoem af en hulle beplan 'n aanval op die hoofstad in die nabye toekoms. Die Islamitiese regering verloor steun en staar interne afwykings in die gesig. Die regeringsaanvalle deur lugbombardemente duur voort op burgerlikes in die Blou Nyl, Nubaberge en Darfoer. Hulle gaan ook voort om politieke aktiviste te arresteer wat die regering in Khartoem teëstaan.

Bid asseblief vir 'n verandering soos baie onder hierdie regime gely het en vir vrede, veiligheid en geregtigheid in die land en ware godsdiensvryheid. Bid ook vir die kerk vir eenheid, genade, wysheid en moed in hierdie moeilike tye.

Van: Sten Johansson ( Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. )