Print this page

30 Dae van Gebed vir die Moslemwêreld

30 Dae van Gebed vir die Moslemwêreld

Sowat 20 jaar gelede het die wêreld sowat 1,1 miljard Moslems gehad. Islam was 'n min bekende godsdiens in die meeste Westerse nasies, en pogings aan die kant van die Kerk om hul Christelike geloof met Moslems te deel, was skaars. Vandag word dié getal op 2,1 miljard geraam. Pogings om Moslems te bereik het tienvoudig toegeneem, en 30 Dae van Gebed vir die Moslemwêreld is een van vele instrumente wat die aandag vestig op die oproep om die boodskap van Jesus met hulle te deel.

Die Moslem-wêreld kan 'n uitdaging vir Christene wees – veral sedert 9/11. Teologiese argumente of politieke manipulasie mag nie Moslems raak nie, maar ons weet dat gebed sal. Die 30 Dae van Gebed vir die Moslemwêreld moedig 'n groter begrip aan van hoe om deel te neem aan God se voornemens vir die Moslemwêreld.

Hierdie gids sal jou help om saam met ander vir God te vra:

  • om Homself op nuwe maniere aan Moslemmense te openbaar
  • om die werk van Christene te ondersteun onder die Moslemmense vir wie hulle lief is
  • vir groter deurbrake vir die Evangelie onder Moslems

Dit is nie te laat om by miljoene Christene regoor die wêreld aan te sluit tydens die komende maand van Ramadan, 9 Julie tot 7 Augustus 2013. Die 30 Dae Moslem Gebedsgids bied nuwe inligting, statistieke, stories en foto's van regoor die Moslemwêreld . Christene kan die gids volg en bid op dieselfde tyd as wat Moslems vas en bid.

Kyk na 'n paar voorbeeldbladsye en bestel hierdie gids van 56 bladsye by www.waymakers.org/pray/30-days/#sample-pages . Jy kan ook na 'n voorbeeldbladsy van die spesiale 32-bladsy, volledig geïllustreerde " Net vir Kinders "-uitgawe kyk, wat prettige aktiwiteite insluit.

WayMakers het dit vir jou kerk en familie maklik gemaak om van ons webwerf te bestel of deur ons te skakel. Die koste begin by $3 vir 'n enkele kopie ($3,50 vir kinders) met afslag van so groot as 60% wanneer dit in hoeveelheid bestel word. Kyk na die besonderhede aanlyn by www.waymakers.org/pray/30-days of bel ons by 512.419.7729.

Tot Sy eer,

Steve Hawthorne

NS Kom ons bid gedurende hierdie tyd van Ramadan dat Moslems God se onvoorwaardelike liefde vir hulle sal ervaar en dat hulle Jesus sal ontmoet.

Van: WayMakers ( Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. )