21 dae vir Global Harvest. 29 September - 19 Oktober 2013
21 Dae vir Global Harvest. Dit is 'n jaarlikse wêreldwye gebedsveldtog vir die vervulling van die Groot Opdrag in hierdie geslag. Dit is 21 opeenvolgende dae van hartstogtelike gebed en voorbidding op hartvlak, om God te soek om betekenisvol te beweeg, sodat Sy koninkryk onder die oorblywende onbereikte en onbetrokken mensegroepe kan kom. Individue, kerke, parakerklike bedieninge, kampusgenootskappe, sendingorganisasies kom daagliks in klein groepies vir 30 minute tot 1 uur bymekaar om “in die gaping te staan” (Esegiël 22:30) vir persoonlike herlewing en geestelike ontwaking in die liggaam van Christus wat lei tot 'n oorgegewe fokus op die vervulling van die Groot Opdrag. Individue en groepe teken aan op die webwerf en neem (vir die doel van die 21 Dae Gebed), 'n onbereikte en onbetrokken mensegroep aan en wy dan 29 September-19 Oktober 2013 aan om te bid vir die beweging van God onder die mensegroep.
Vir verdere besonderhede, kontak asseblief vir Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. .
Jy kan ook aanmeld by www.21daysofprayer.net/
Daniel Bourdanne - IFES-hoofsekretaris - "Wat 'n geweldige voorreg om saam te bid vir God se krag om baie, baie meer lewens regoor die wêreld te transformeer - in ons universiteite, in ons samelewings, onder daardie mensegroepe met die minste volgelinge van Christus."
Edmund Chan - Leierskapmentor, Covenant Evangelical Free Church, Singapoer - "Mag 'n magtige oes voortspruit uit hierdie God-geïnspireerde 21 Days For Global Harvest gebedsveldtog."
John Robb - Internasionale Gebedsraad - "Deur die geskiedenis van sending is tye van ingeligte, opregte gebed deur God gebruik om heel nuwe sendingondernemings van stapel te stuur."
Studentevrywilligersbeweging 2 (SVM2) ( Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. )