Bid vir Moslems wat die Hajj onderneem

Bid vir Moslems wat die Hajj onderneem

Hierdie is 'n oproep vir Christene om 13 - 15 Oktober 2013 te bid! Die Hajj, een van die vyf pilare van die Islamitiese godsdiens, begin op die 8ste dag van die 12de maand van Dhul Hijjah van die Islamitiese kalender. Omdat die kalender op die maan se siklus gebaseer is, begin die Hajj elke opeenvolgende jaar nege dae vroeër. In 2013 sal die Hajj op 13 Oktober begin en vir 3-4 dae duur. Gedurende hierdie tyd sal Moslems van regoor die wêreld na Mekka stroom om die rituele uit te voer en die voetstappe van Mohammed, hul profeet, te volg.

http://www.pray-ap.info/hajj het 'n gebedsgids plus 'n kort gebedsvideo daarvoor.