Een van ons lesers het berig dat die storie wat ons in ons Maart-uitgawe gepubliseer het, nou vermoedelik onwaar is. Hy skryf:
"Ek was baie bemoedig deur hierdie getuienis oor die Isis-vegter wat tot bekering gekom het en op die punt was om dit na 'n paar vriende aan te stuur, totdat ek besef het dat die storie gepubliseer is deur World News Daily Report, 'n satiriese aanlyn koerant. Basies alles in die artikel is gemaak Daar is byvoorbeeld geen "Aleppo Herald" nie. Ek het al voorheen vir hierdie soort dinge geval - basies druk die WNDR niks anders as fopnuus nie, maar in 'n styl wat heeltemal wettig klink.
https://ablestmage.wordpress.com/2015/02/28/did-the-aleppo-herald-report-hermann-groschlins-story-of-a-converted-isis-fighter-heres-proof/
Dankie!
Jonathan