Sirië Vredesgesprekke op 22 Januarie het ons gebedsondersteuning nodig

Sirië Vredesgesprekke op 22 Januarie het ons gebedsondersteuning nodig

Hou asseblief Sirië en sy voortslepende burgeroorlog in julle gebede. Meer as 100 000 mans, vroue en kinders is tot dusver dood en miljoene is ontheem. ’n Vredeskonferensie sal op 22 Januarie in Genève onder die vaandel van die Verenigde Nasies gehou word. Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  1. Dat die Siriese regering en opposisiemagte sal deelneem en oop sal wees om hierdie konflik te beëindig.
  2. Vir wysheid vir die VN en sy onderhandelaars om hierdie samesprekings te fasiliteer sodat 'n ooreenkoms bereik sal word.
  3. Vir die regime en die opponerende kant om humanitêre hulp toe te laat om by diegene uit te kom wat dit nodig het.
  4. Vir 'n moontlike gebedsinisiatief volgende maand met 'n span internasionale gebedsleiers wat die land kan ingaan om 'n samekoms van die kerke en hul leierskap te fasiliteer om te bid vir Sy deurbraak om die oorlog te beëindig en herstel na hierdie verpletterde samelewing te bring. Bid vir oop deure, oop harte en Sy beskerming oor alles.