Gaan voort om vir Afghanistan te bid

Gaan voort om vir Afghanistan te bid
Afghane het verlede maand na die stembus gegaan en in rekordgetalle in 'n redelike rustige atmosfeer gestem waarvoor ons die Here dank. Die gebedsbeweging daar is ook aangewakker deur 'n onlangse gebedsinisiatief wat gesamentlik deur 'n plaaslike humanitêre organisasie en die IPC gelei is. Dank God ook dat 'n beplande aanval deur die Taliban teen die hele internasionale Christelike gemeenskap, terwyl ons gebid het, gefnuik is, en die vyf selfmoordaanvallers het hulself opgeblaas of in 'n brandgeveg met sekuriteitswagte en die Afghaanse spesiale magte gedood.
Ongelukkig was daar 'n week gelede 'n aanval op die hospitaal wat deur die Christelike organisasie CURE in Kaboel bestuur word. Drie Christendokters van die VSA is dood en een van hul vrouens is beseer en is in 'n kritieke toestand. Die aanvaller was 'n veiligheidswag by die hospitaal en dit is nog nie duidelik of hy amptelik van die polisie of 'n Taliban was nie. Ons treur oor die verlies van ons broers en bid vir die suster wat gewond is asook vir die Christelike gemeenskap en NRO's wat in die land werk.
Internasionale organisasies is gewaarsku teen moontlike verdere aanvalle op buitelandse NRO's. Bid asseblief dat die naasbestaandes van diegene wat vermoor is en ons suster wat beseer is, weer herstel sal word. Ook die Christelike Buitelandse Gemeenskap in die stad Kaboel is baie erg getref en hulle het gebed nodig, veral die personeel van die CURE-hospitaal.
Hou ook aan om te bid vir die omverwerping en ontbinding van die Taliban as 'n politieke en militêre beweging en vir die tweede verkiesing om die nuwe president van die nasie te bepaal. Mag hy die man van God se uitverkiesing en guns wees vir hierdie tyd!