Die presidensiële verkiesing se afloopdag is op 14 Junie. Die Taliban het reeds uitgespreek dat hulle alles en enigiets wat met die verkiesing te doen het, sal teiken. Onbekend aan die Weste was daar 456 individuele veiligheidsvoorvalle op die laaste verkiesingsdag 5 April. Ten spyte van hierdie feite was die aantal ongevalle maar gering en ons herlei dit terug na 'n verhoogde gebedsondersteuning. Dankie dat jy deel het daaraan.
Net in die laaste dag of wat was daar 'n selfmoordbomaanval op die voorloper in die verkiesing, Dr. Abdullah Abdullah. Bid asseblief vir sy beskerming en vir sy opponent Dr. Ashraf Ghani.
Weereens het ons gebedsdekking nodig vir die 14de Junie, wat sal besluit wie van hierdie twee kandidate die volgende president sal wees. Kom ons bid weer bowenal vir vrede en beskerming gedurende hierdie dag en vir 'n regverdige proses van besluitneming totdat die nuwe president in die eerste week van Augustus ingesweer word. Bid dat die verslane kandidaat die verkiesing sal erken en die wenner sal ondersteun en bid dat die nuwe president die land verenig sal kan hou.
Ons het sopas hierdie kwotasie ontvang en is seker julle sal almal saamstem:
Die duiwel lag as ons swoeg, spot met ons wysheid, maar bewe as ons bid.
(Van vriende wat bekommerd is oor Afghanistan)