Te midde van al die chaos in die Midde-Ooste, die bedreiging van ISIS, die konflik in Gaza
God is aan die werk!!
Aangesien die oë van die wêreld op die Midde-Ooste is en dit in die hoofopskrifte van alle nuus maak, het ons wel 'n ander berig wat ons graag wil deel! Twee jaar gelede het die Here ons deur 'n stel omstandighede geroep om met Siriese vlugtelinge in Libanon te begin werk. Dit was op sigself nie in enige van ons planne nie aangesien Siriërs as die vyand beskou word wat Libanon al 15 jaar lank beset het. Na 'n klein verkenningstog na kampe, verlate geboue en motorhuise waar mense bly, het ons die vlugtelinge nie net gesien as Siriërs nie, maar meer as mense wat alles verloor het, wat in vrees, in trauma en in diepe nood leef!
Ons reaksie het begin met basiese voedselitems en sommige klereverspreiding. Maar met God se hulp en met verskeie vennote wat saam met ons probeer het, kon ons baie meer doen.
Begin 'n opvoedingsprogram
Dan het die Here ons ook gehelp om 'n geletterdheid- en opvoedingsprogram te begin vir kinders wat heeltemal ongeletterd is. En nou 'n jaar later het ons 'n seremonie gedoen waar elke kind sy/haar sertifikaat van prestasie ontvang het. Wat 'n tyd van blydskap!! Ons het ook 'n einde van die jaar program gevier waar kinders wat heeltemal opstandig was, sonder 'n gevoel van gedissiplineerdheid uitgeblink het
Tweede skool
Na die eerste skoolervaring kon ons ook 'n ander program in 'n ander kamp begin. Ons grootste vreugde is om die God van Hoop te midde van wanhoop te bring. Verskeie Bybelstudies word nou in tente gehou en hierdie Sunni-vlugtelinge is dors om die woord te hoor! Hierdie vlugtelinge is hopeloos, ontnugter en baie oop om die woord van God te ontvang wat vreugde en vrede in hul harte bring!
Mediese uitreik
Deur die jaar het ons verskeie mediese uitreike gehou waar dokters, aptekers en verpleegsters vrywillig was om uit hul tyd en moeite in die lewens van daardie mense te gee. Meer as 'n mediese ondersoek, is die dokters in staat om sielkundige en emosionele ondersteuning te gee en in ons span is daar altyd 'n groep toegewy vir gebed. Dit is dus nie ongewoon om mense te sien wat diep geraak is deur die heerlikheid van God en oorweldig deur Sy teenwoordigheid nie, aangesien dit dikwels die eerste keer in hul lewens was dat iemand persoonlik vir hulle gebid het.
Nuwe projek
Ons het die afgelope tyd ook 'n vennootskapsooreenkoms met Dorcas Aid Holland onderteken om te help voorsien in die behoeftes van nuwelinge in die Mount Libanon-gebied, gesinne wat uit die moeilike gebiede in Sirië gevlug het en huise en familielede verloor het, of Christene wat uit Irak gevlug het a.g.v. godsdienstige vervolging. Ons het na hartverskeurende stories geluister en vir baie vertroosting en verligting gebring.
Ons wil ons innige dank uitspreek teenoor almal wat tyd geneem het om te kom help. Ons het onderwysers in die skole laat kom help, universiteitstudente wat kom help het met verspreiding, dokters wat hul kundigheid aangebied het, gesinne wat kom verf en 'n seën was, voorbiddingspanne wat kom bid het vir die oes en vir die kerk-- almal kort sendingspanne wat 'n wonderlike seën was!
Die oes is volop en dit is ryp!! Ons het gesien hoe Jesus mense se lewens aanraak, ons sien hoe die koninkryk vorder en ons wil jou nooi om deel te wees van geskiedenis in wording.
God is aan die beweeg en maak nie saak wat die media sê HY REGEER!
Michel en Nuna Matar
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kom ons bid vir Michel en Nuna en ander bedieninge wat onder die baie Siriese vlugtelinge werk. Bid dat menigte Siriese mans, vroue en kinders hulle tot die Here sal bekeer gedurende hierdie tyd van ontwrigting in hul lewens. Baie het tot dusver reageer. Mag die Evangelie voortspoed en onder hulle triomfeer!