Afganistan se minister van finansies het gesê dooiepunt oor die betwiste presidensiële verkiesing het die ekonomie $5 miljard gekos. Omar Zakhilwal het aan die BBC gesê hy sal salarisse moet sny en staatswerkers moet afdank as die krisis nie teen die einde van die maand opgelos is nie. Buitelandse investering staan tot stilstand en staatsinkomste het skerp gedaal sedert die April-stemming.
Twee aanspraakmakers het oorwinning geëis, maar het tot dusver nie daarin geslaag om 'n ooreenkoms oor 'n regering van nasionale eenheid te bereik nie. 'n Volledige oudit van die stemme is nog aan die gang onder die Verenigde Nasies se ondersoek. Maar die BBC se David Loyn in Kaboel sê die oudit kan weke neem om te voltooi. Die twee leiers wat om mag meeding, Ashraf Ghani en Abdullah Abdullah, het nie daarin geslaag om 'n ooreenkoms te bereik nie ondanks 'n persoonlike ingryping van die Amerikaanse president Barack Obama. Ons korrespondent sê daar is 'n verergerende lug van krisis en dat pryse van basiese voedsel skerp gestyg het, terwyl die Taliban het van hul grootste aanslae vir baie jare opgevoer en in die suide en ooste veld gevat. Mnr Zakhilwal het aan die BBC gesê dat besnoeiings wat hy reeds in nie-noodsaaklike besteding gemaak het, 'n "depressiewe uitwerking" op die ekonomie gehad het, en die voortgesette politieke onsekerheid het 'n impak in elke hoek van die ekonomie gehad.
Ashraf Ghani, wat in die voorlopige uitslae voor was, het die meeste om te verloor omdat hy te veel grond afgestaan het voordat die finale uitslag bekend is.
Sy mededinger Abdullah Abdullah het verkiesingsbeamptes van “massiewe bedrog” beskuldig. Baie van sy senior ondersteuners wil hê hy moet 'n strenger standpunt inneem, omdat hulle glo dat hul kandidaat die stemming gewen het. Bid dat hierdie politieke en ekonomiese krisis doeltreffend hanteer sal word en dat 'n regering van nasionale eenheid voortspruit uit die oudit van die stemproses. Hou ook aan om te bid dat die Taliban-Moslem-ekstremiste wat onlangs 'n aanval naby die hoofstad van Kaboel geloods het, verslaan en op die vlug geslaan sal word deur die Afghaanse militêre magte. Een van hul leiers het ook belangstelling uitgespreek om aan te sluit by die ISIS "kalifaat" in Irak, wat aansienlike verdere gevaar vir die oorlog teen terreur sal bydra. http://m.bbc.com/news/world-asia-28924968