Micah-beraad, 7-9 Desember 2014

Micah-beraad, 7-9 Desember 2014

"In 2000 was die Millennium-verklaring 'n oomblik toe die wêreld duidelike beloftes aan die armes gemaak het. Vyftien jaar later kom wêreldleiers bymekaar om daardie beloftes te evalueer, met huidige wêreldkrisisse in gedagte. In die hartjie van Manhattan open die Micah-beraad 'n unieke ruimte vir visioenêre Christelike geloof om ons roeping na die openbare plein te omhels. Ons dink effektiewe Christelike getuienis kan 'n padkaart vind tussen vrees en geloof in ons post 2015 wêreld.

Soos die wêreld besin oor die beloftes van die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte en die vooruitsig op die

toekoms na 2015, het Christene - as mense van geloof - 'n geweldige geleentheid om betrokke te raak. Die Micah-beraad sal 'n geleentheid bied vir deurslaggewende refleksie en strategiese debat. Teen die einde van die beraad hoop ons dat afgevaardigdes 'n groter bewustheid en waardering van vordering en leemtes in ons beloftes aan die armes sal hê. En dat jy 'n beter begrip sal kry van die prosesse van skakeling met die burgerlike samelewing en instellings soos die VN. Daar sal ook hernude verbintenis tot die post-2015-agenda wees soos vervat in 'n nuwe 'Micah'."

Bid asseblief dat die Micah-beraad al sy doelwitte effektief sal bereik tydens hierdie belangrike byeenkoms van diegene van verskeie ontwikkelings- en bedieningsorganisasies soos hulle by die Verenigde Nasies vergader. Bid dat die deelnemers "geïnspireerd sal vertrek om nog beter en doeltreffender diensknegte van God te wees wat almal roep om regverdig op te tree, liefde lief te hê en met nederigheid te wandel na 'n toekoms vol beloftes en moontlikhede."

www.micahchallenge.org