Staan nou op! Arabiese/Europese Gebedskonferensie

Staan nou op! Arabiese/Europese Gebedskonferensie

Ons nooi jou graag uit na die Arabiese/Europese Gebedskonferensie op 14 tot 16 Mei 2015 by Wiesbaden, Duitsland.

Ons sien die lande van Europa op 'n deurslaggewende punt in die geskiedenis; ons is oortuig daarvan dat God deur gebed en verootmoediging van Sy mense bereid is om die geskiedenis van Europa te verander. Die konferensie is ons eerste stap om die Europese Gasheerlande te seën deur toewyding in eenheid en gebed en deur Arabiese gelowiges aan te moedig om hierby aan te sluit; ons wil plaaslike en Arabiese gelowiges aanmoedig om saam aan voorbidding vir Europa deel te neem, om hulle aan te moedig om God se koninkryk na te streef in hul 'nuwe' tuisland, Europa.

Die inisiatief is van die Egypt Prayer Movement, saam met Arabiese pastore en leiers en kerke in Europa. Die konferensie sal aanbidding, gebed en voorbiddings, prediking, verblyf en etes insluit. Ons wil hierdie tyd as mense van God toewy om hom te deursoek en onsself voor hom te verootmoedig.

Vir verdere inligting en registrasie
Webwerf: http://www.riseup-now.com
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Kontakte
Gabriel Abdelki
+4917634131782
Usama Hanna +41765610304
As jy harde kopieë van die Plakkate en Boekmerke vir verspreiding wil ontvang, e-pos asseblief vir my jou posadres sodat ons dit vir jou kan pos.
Kondig ook asseblief die Konferensie by julle Kerke so gou moontlik aan, want spasies is beperk.
Aanlyn registrasievorm sal binne die komende paar weke op ons webwerf beskikbaar wees.

http://www.riseup-now.com/images/invitation_riseupNow201505/201505_riseUp-now_eng_ar.png

http://www.riseup-now.com/images/invitation_riseupNow201505/201505_riseUp-now_ge.png

http://www.riseup-now.com/images/invitation_riseupNow201505/201505_riseUp-now_eng_ar.png

http://www.riseup-now.com/images/invitation_riseupNow201505/201505_riseUp-now_ge.png

Seëninge
Iman R. Bishara