Print this page

Pakistan: Demp die vlaag van haat

Pakistan: Demp die vlaag van haat

Die plaaslike polisie sê vir jou om dadelik te vertrek; 'n gewelddadige gepeupel van 3 000 mense is op pad en jy moet vlug voordat hulle aanval. Teen die volgende oggend is jou huis en kerk tot op die grond afgebrand en die bietjie wat jy gehad het is nou weg.

Ons wens ons kon sê dit is net 'n storie, maar ongelukkig is dit nie. Dit is wat met een van die armste Christengemeenskappe in Pakistan gebeur het toe 'n gewelddadige gepeupel amok gemaak het.

Ons wil regtig keer dat dit ooit weer gebeur. Daarom het ons jou hulp nodig...

Saai die saad van haat

Die saad van haat word deur die hele Pakistanse samelewing gesaai. Hetsy deur die media, in die onderwysstelsel, via sosiale media of openbare diskoers, word vooroordeel in so 'n mate geduld en geteel dat die omgewing ryp is vir 'n aanval op godsdienstige minderhede. Hierdie uitdrukkings van godsdienshaat, of haatspraak, deurdring die samelewing en is een van die hoofredes vir die vervolging, teistering en geweld teenoor godsdienstige minderhede, insluitend Christene.

Wanneer haatspraak met geweld losbars

Meer as 100 Christelike huise is aan die brand gesteek en vernietig toe 'n gewelddadige skare van 3 000 mense in Maart 2013 die Christengemeenskap by Joseph Colony in Lahore geteiken het. Die geweld het ontstaan nadat 'n jong Christenman van godslastering beskuldig is en plaaslike imams hom openlik versoek het om vermoor word. Wat gevolg het, was 'n verwoestende aanval wat Joseph Colony heeltemal verwoes het. Die bietjie wat hulle gehad het, is deur haat vernietig.

Vandag, amper twee jaar later, leef Joseph Colony se Christene steeds met die nasleep van die aanvalle, en sukkel om hul lewens te herbou. Wat van die mense wat hul huise vernietig het? Wel, hulle gaan steeds vrylik deur die daaglikse lewe soos voorheen. Die enigste persoon in die tronk is die man wie se beweerde godslastering die onluste veroorsaak het.

Die antwoord: om vooroordeel teë te werk met positiewe spraak

So wat is die antwoord? By CSW glo ons dat om die stygende gety van aanvalle op minderhede te stop, ons by die hoofoorsaak moet uitkom en haatspraak moet aanpak. Slegs sodra ons die kultuur en denkwyses verander binne 'n samelewing wat toelaat dat godsdienshaat en onverdraagsaamheid voortspruit, kan ons die geweld stop wat minderheidsgemeenskappe regoor Pakistan en elders verwoes.

CSW ondersteun en werk saam met vennote in Pakistan wat direk met godsdiensleiers werk om die samelewing op voetsoolvlak te help verander, en hulle aan te moedig om verdraagsaamheid in die plek van haat te praat. Ons doen ook 'n beroep op Pakistan se regering om hul beloftes om godsdiensminderhede te beskerm in werking te stel deur die aanbevelings wat verlede jaar deur hul Hooggeregshof gemaak is, te implementeer wat duidelike stappe uiteensit vir die skep van 'n omgewing van godsdienstige verdraagsaamheid. As deel van ons voorspraak wil ons help om 'n onbevooroordeelde onderwys in Pakistan te skep en saam met plaaslike organisasies te werk om dit 'n werklikheid te maak.

Christelike Solidariteit Wêreldwyd, 19/12/2014
Bid asseblief vir die omverwerping van Pakistan se onregverdige godslasteringswet wat gebruik word om gelowiges in Christus te vervolg en dood te maak.

Bid ook vir 'n reeks spesiale gebedsinisiatiewe in verskeie stede van die nasie hierdie maand dat Christene van alle denominasies en hul leiers sal saamkom in versoening, bekering en verenigde voorbidding vir hul benoude nasie.