3000 kinders regoor die wêreld kom saam om vir die nasies te bid. Weeshuise verander in gebedskamers en kerke reël gebedstye vir kinders om te kom bid vir werklike kwessies.
“Gaan na die strate. Tel die weeskinders op.
My kinders sal bid, preek, genees, profesieer, eindtyd boodskap bring …”
God het hierdie woorde in 1987 met ds Anton Cruz gespreek.
Royal Kids ministeries is in 1991 in Indië begin met een weeshuis in Chennai, Indië. Dit word vanaf die jaar 2010 uitgebrei as Children House of Prayer (CHOP) gebedskamers by verskeie weeshuise in verskeie lande.
CHOP Visie:
Hy sal die hart van die vaders tot die kinders bekeer, en die hart van die kinders tot hulle vaders. Maleagi 4:6
Die visie het versprei en vandag is daar Kinderhuise van Gebed in weeshuise in Angola, Mosambiek, Indië, Kambodja, Sri Lanka, Taiwan, Birma en Brasilië wat elke dag bid en ook in kerke in Maleisië, Indië, Taiwan, Singapoer, Suid-Korea , VSA, Brasilië en Dubai wat een keer per week bid. Hulle doel is om elke weeshuis te laat omskep in Children House of Prayer (CHOP) gebedskamers in elke nasie van die wêreld.
Basies bid die kinders vir herlewing in alle nasies, maar ook vir noodgebedsversoeke. Nou wanneer die Coronavirus versprei, bid al hierdie CHOP-spanne met een stem in dat die virus gestop word en dat mense genees word. Dit beteken 3 000 kinders wat saam tot die Here roep.
Volwassenes is betrokke as geestelike ouers en hulle het, benewens die fasilitering en deelname aan die kindergebede, ook 'n taak. Hulle word gevra om te bid vir hul eie kinders, vir die vaderlose generasie, veral vir weeskinders, en hulle kry elke week name en foto's van 7 kinders in 'n sendingveld om vir te bid. En die weeskinders sal op hul beurt bid vir die herlewing van nasies.
As jy biddende kinders het of jy ken biddende kinders
kontak ons en sluit aan by ons CHOP gebedskamer netwerk
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Whatsapp: +91 7395916903
Registreer aanlyn: bit.ly/chopprayerrooms