Print this page

INTERNASIONALE KINDERS VOORBIDDERS KONFERENSIE, 25-28 Julie 2013, Chennai, Indië

INTERNASIONALE KINDERS VOORBIDDERS KONFERENSIE, 25-28 Julie 2013, Chennai, Indië

Mal: 4:6 Hy sal die harte van die vaders tot hulle kinders en die harte van die kinders tot hulle vaders verander.

Dit is tyd om weer die kindervoorbidders en geestelike ouers van verskillende wêrelddele bymekaar te maak. Hulle sal dag en nag uitroep van 25 tot 28 Julie 2013.

Die visie van die konferensie is:
• Om geestelike ouers groot te maak wat vir weeskinders en kinders kan bid
• Om 'n Biddende Kinderweermag op te rig om vir gesinne, kerke en nasies te bid
• Om kinderhuise in C-HOP te omskep

Die New Wave of Children's House of Prayer (C-HOP) het wyd versprei en het byna 25 000 biddende kinders regoor die wêreld grootgemaak.

Hierdie jaar sal die jaar wees van DAG en NAG voorbidding en aanbidding deur kinders saam met die jong volwassenes en Geestelike ouers. Verskillende aanbiddingspanne van verskillende nasies sal bymekaarkom en die vuur van Herlewing aansteek.

2013 is 'n tyd om ouers en kinders vry te laat om 24/7 voorbidding te begin in jou kerk of in jou Huis van Gebed.

Kom kyk hoe die weeskinders dag en nag voor God huil. Laat jou kinders die salwing ontvang. Jou nasie het dit nodig, jou gesin het dit nodig, jou werkplek het dit nodig, en jou kinders het dit nodig.

Welkom ... wees geseënd! Kyk die video…

http://www.youtube.com/watch?v=_PMEnFSvxkI

http://www.royalkids.org/icic-registration.php