Print this page

Wêreldnaweek van Gebed

Wêreldnaweek van Gebed
Ons leef in 'n wêreld waar meer as 'n derde van alle geboortes in stedelike gebiede nie geregistreer is nie, waar 61 miljoen kinders van primêre ouderdom nie by die skool ingeskryf is nie en waar 275 miljoen kinders elke jaar gesinsgeweld aanskou. Deur geen eie skuld nie, leef tienduisende kwesbare kinders dag-vir-dag sonder die liefde en ondersteuning van ander.
Die tema van vanjaar se Wêreldnaweek van Gebed - gehou op 7-8 Junie 2014 - is 'kindervriendelike gemeenskappe'. Ons begeerte is om saam na God te draai in gebed vir 'n verandering van gesindheid en optrede deur alle gemeenskappe regoor die wêreld teenoor hul kinders.
Ons doen 'n beroep op Christene waar hulle ook al daardie naweek is om saam met ons te bid dat gemarginaliseerde kinders geliefd en beskerm sal word, dat leiers wys sal wees in die skep van beleid, en dat kerke 'n hart vir kinders in hul gemeenskappe sal hê.
Wees asseblief deel van hierdie wêreldwye gebedsveldtog, wat meer as 140 000 volwassenes en kinders uit 40 lande byeenbring, wat in 24 tale bid. Dit is baie kragtig wanneer kwesbare kinders deelneem aan gebed vir kinders in gevaar in ander lande, sowel as vir volwassenes en leiers in hul eie gemeenskappe.
By www.worldweekendofprayer.com sal jy verskeie hulpbronne vind, insluitend ons hulpbrongids - wat ek hier aangeheg het - plus aktiwiteite vir alle ouderdomme, 'n meditasievideo en 'n teologiese refleksie. Vertaalde materiaal sal in Mei beskikbaar wees.
Ons Facebook-blad is www.facebook.com/WWPrayer
Andrew Dubock Kommunikasiebestuurder, Wêreldnaweek van Gebed