Print this page

GIDS: 15 Dae van Gebed vir die Boeddhistiese Wêreld

GIDS: 15 Dae van Gebed vir die Boeddhistiese Wêreld

Die jaarlikse Boeddhistiese Wêreld Gebedsfokus roep Christene en kerke wêreldwyd op om 15 dae te neem om te leer oor en te bid vir ons wêreld se Boeddhistiese vriende tussen 28 Januarie en 11 Februarie 2021.

Die insiggewende gebedsgidsboekies sal Christene help om te weet hoe om te bid vir die mense wat binne hierdie groot en werklik diverse wêreldgodsdiens grootword.

Ons erken dat Boeddhisme 'n buitengewoon komplekse en dikwels verwarrende wêreldbeskouing is. Terselfdertyd verlang ons as Christene daarna dat al die wêreld se mense 'n geleentheid sal hê om die genade van God wat in Jesus Christus geïnkarneer is, vrylik te sien, te hoor en te verstaan.

Vir hierdie doel lig ons onsself in, bid vir en wil ons geleenthede ondersteun om daardie genade ook binne die wêreld se Asiatiese gemeenskappe bekend te maak.

Die gids is beskikbaar in hierdie tale: Engels, Spaans, Portugees, Vereenvoudigde Sjinees, Arabies, Hindi, Russies, Duits, Frans, Thai, Koreaans en Viëtnamees

Kry jou eksemplaar van die 15 Dae Boeddhistiese Wêreld Gebedsgids nou en sluit aan by hierdie wêreldwye beweging!

Gidse hier beskikbaar: https://worldprayerguides.org/15-days-of-prayer-for-the-buddhist-world/