Boeddhistiese Wêreld 15 Dae Gebedsgids

Boeddhistiese Wêreld 15 Dae Gebedsgids

World Christian se EERSTE jaarlikse Boeddhistiese Wêreld Gebedsfokus roep Christene en kerke wêreldwyd op om ENIGE 15 dae in 2019 opsy te sit om te leer oor en vir ons wêreld se meer as 'n halfmiljard Boeddhistiese bure te bid. Die insiggewende gebedsgidsboekies sal Christene help om te weet hoe om te bid vir die mense wat in hierdie groot wêreldgodsdiens grootword.

Dit is nie ons bedoeling met hierdie gebedsfokus om Boeddhisme se pogings om die misterie van die lewe te verstaan en om oplossings te soek vir die probleem van menslike lyding te verkleineer nie. Ons erken dat Boeddhisme 'n groot en blywende tradisie is, en as sodanig sal dit onvanpas wees om eenvoudig of maklik in 'n blote boekie saam te vat, te verduidelik of ligtelik op te neem.

Terselfdertyd is dit egter geen geheim dat ons as Christene verlang dat al die wêreld se mense(s) tasbare geleentheid sal hê om die genade van God wat in Jesus Christus geïnkarneer is, vrylik te sien, te hoor en te verstaan. Vir hierdie doel lig ons onsself in, bid vir en wil ons respekvolle pogings ondersteun om daardie genade ook binne die wêreld se Boeddhistiese gemeenskappe bekend te maak.

Ons nooi alle Christene en kerke uit om deel te neem, en om te leer oor en vir Boeddhiste te bid.

Meer inligting en bestel hier: https://www.worldchristian.com/productdetails.php?product_id=37788