Finland: Christelike LP staan tereg vir Bybeltwiet

In April 2022 is die Finse LP en voormalige minister van die regering, Päivi Räsänen , onskuldig verklaar op alle aanklagte oor haar oortuigings oor seksualiteit, maar die aanklaers het teen die uitspraak geappelleer. Die jongste verhoor behels uitdrukkings van haar Christelike geloof in 'n twiet, in 'n kerkpamflet twintig jaar gelede, en in 'n 2019 radio-onderhoud. Sy word onder die 'War Crimes and Crimes Against Humanity' beskuldig vir 'agitasie teen 'n minderheidsgroep'. Sy sê dit is 'n baie belangrike uitspraak vir vryheid van spraak en godsdiens in Finland, wat gevolge regoor Europa het. Räsänen se twiet het haar kerkleierskap uitgedaag vir die borg van 'n Pride-geleentheid, en het 'n prentjie van 'n Bybelvers uit Romeine ingesluit. Die aanklaer het gesê sy plaas nie God in die beskuldigdebank nie, maar eerder diegene wat interpreteer wat die Bybel sê: 'Jy kan die Bybel aanhaal, maar dit is Räsänen se interpretasie en opinie oor Bybelverse wat krimineel is.' Die hof sal teen 30 November uitspraak lewer.