Print this page

Rusland: Baptisteleier geteiken nadat hy vir vrede gebid het

Yuri Sipko, 'n afgetrede pastoor en voormalige president van die Baptiste Wêreld Alliansie, het uit Rusland gevlug toe die owerhede probeer het om hom in hegtenis te neem omdat hy in die openbaar vir vrede in die Oekraïne gebid het. Hy het besluit om dit te doen ná sy deelname aan 'n aanlyn gebedswaak vir Oekraïne by 'n geleentheid wat deur Sending Eurasia aangebied is. Van 'n onbekende plek in Europa het hy gesê: 'Die wet maak dit 'n misdaad om die oorlog 'n oorlog te noem en verbied enigiemand om vrede in die Oekraïne te vra. Maar ek het vir vrede gebid en gesê dit is 'n misdaad om vuurpyle en bomme op die Oekraïense mense te laat val. Hy het op 8 Augustus vang ontduik en is sedertdien op 'n lys van mees gesoekte geplaas vir die verspreiding van vals inligting oor die inval. 'Dit is 'n verskriklike ding as die woord "vrede" verbied word. Alles is onderstebo in Rusland', het hy gesê.