Frankryk: Parys-uitreik na Jode

Jode in Parys ondervind enorme druk as gevolg van meer en meer antisemitisme-dade. Die International Jewish Mission (IJM) is hierdie somer daar om uit te reik na Parys se Joodse gemeenskap met die waarheid en hoop van Jesus. Meer as 250 000 Joodse mense woon in Parys en sy voorstede. IJM soek vandag ons gebede vir mense soos Harry. Hy sukkel steeds om te glo, want die gruwels wat hy en sy gesin tydens die Jodeslagting beleef het, het hom 'n vurige ateïs gemaak. Sedert hy Aurel van IJM ontmoet en die Evangelie gehoor het, het hy 'n bietjie sagter geword en erken dat hy nie nou seker is of daar 'n God is nie. Hy het onlangs vir Aurel gesê: 'Ek wens regtig ek het jou geloof gehad.' Aurel lei die uitreik, en weet dat God hulle sal help om met meer Joodse mense te skakel sodat hulle van Jesus kan hoor en gered kan word. Bid dat God Joodse oë en harte sal oopmaak soos die Goeie Nuus met hulle gedeel word.

  • Pray: for Jewish people to know and understand the truth of God’s Word as Christians open the Scriptures with them through group and individual Bible studies. (Jeremiah 29:13)