Print this page

Litaue: verandering nodig

Vryheid het goeie vordering in Litaue gebring. Deure vir die evangelie bly oop. Vryheid het egter ook gevare meegebring soos gierigheid vir materiële goedere, selfsugtige plesiersoekery en 'n oortuiging dat tradisionele sedes geen waarde het nie. Dwelmmisbruik, selfmoord en handel in vroue vir prostitusie beskadig almal die sosiale fondamente. Geestelike transformasie moet ekonomiese groei vergesel. Litaue was die laaste Europese nasie wat gekersten is.