Print this page

Frankryk: onderwerping aan Islamisme wen veld

Onderwysers is bang en beoefen selfsensuur. Vir tien jaar het hulle nie oor die Holocaust geleer nie en het hulle opgegee om sekularisme, verdraagsaamheid en die reg om godsdienste te kritiseer aan te spreek. Om evolusie of Charles Darwin in biologie te bespreek is onveilig. Dwarsdeur Frankryk dreig Moslemstudente onderwysers openlik deur hulle te vertel dat hulle ''n Samuel Paty waag' ('n onderwyser wat in 2020 wreed onthoof is omdat hy teen die Islamitiese bewegings in Franse skole gepraat het). Onderwysers het in toenemende getalle bedank, en die werwing van nuwes is 'n probleem. Die Moslem-broederskap en ander Islamitiese bewegings in Frankryk gebruik sosiale media en moskees om Moslem-kinders en -adolessente aan te spoor om die onderwys wat in hoërskole verskaf word uit te daag, en om die Franse onderwysstelsel te dwing om aan hul visie van Islam te onderwerp. Die owerhede is bewus van wat aan die gebeur is, maar sal geen risiko's neem nie, aangesien daar meer as 750 geen-ry-sones bestaan en onluste gereeld uitbreek.