’n Koalisie van Westerse nasies het bevestig hulle is bereid om moderne gevegstenks aan die Oekraïne te verskaf. In moderne oorlogvoering is tenks 'n sleutelelement vir offensiewe operasies om deur vyandelike linies te slaan en grondgebied te herower. Hulle bied mobiele vuurkrag, beskerming, skok en verrassing. Gekonsentreer in getalle, kan hulle 'n vyand se verdediging ontwrig. Maar hulle het ook eers die ondersteuning nodig van artillerie om daardie verdediging te verswak en dan van infanterie om herowerde grond te hou. Die geskiedenis wys tenks alleen wen nie gevegte nie. Terwyl Westerse nasies die trekpas gee om tenks na die Oekraïne te stuur, laat ons bid dat Rusland se reaksie nie tot nog meer dood van onskuldige burgerlikes sal lei nie.