Oekraïners wat nie vlug nie

Nie alle Oekraïners begeer om 'n nuwe lewe in die buiteland te begin nie. Daar is tienduisende Oos-Oekraïners in vlugtelingkampe, skole, kleuterskole of regeringsgeboue, met die hoop dat hulle sal kan terugkeer huis toe sodra die oorlog verby is. Hulle weier om te dink dat daar geen huise sal wees om na terug te keer nie. Hierdie vlugtelingkampe is oral in Transcarpathia (in die verre weste van die Oekraïne) wat op die oomblik 'n plek van veiligheid is. Die Karpate berge skei hulle van Poetin se bomme. Bid vir die veiligheid van die dapper Europeërs wat vlugtelingplekke besoek met kos, klere en huishoudelike behoeftes.