Bosnië: bid vir geestelike soekers

Livno is 'n klein dorpie in die weste van Bosnië, 'n uur-en-'n-half van die kusstad Split, Kroasië af. Bid vir geestelike soekers in Livno. Onlangs het 'n werker deur middel van 'n sosiale media-bediening met twee potensiële gelowiges kontak gemaak en saam met hulle die Bybel begin lees. Hulle was opgewonde en wou meer lees totdat hul Katolieke priester vir hulle gesê het om die 'Protestantse' Bybels uit te gooi, wat hulle gedoen het. Bid dat die priester hierdie soekers sal aanmoedig om God se Woord uit 'n 'Katolieke' Bybel te lees, en dat God sal aanhou om hulle na Hom toe te trek en om Homself te openbaar, maak nie saak watter weergawe hulle lees nie. Bid dat die werker wat saam met hulle gelees het, aangemoedig sal word om voort te gaan om hierdie reis saam met hulle te stap. Bid dat hulle uiteindelik vir Jesus sal ken en saam met ander in die liggaam van Christus sal wees.

  • Pray: for the 3.3 million Bosnian men, women, and children who need to start a relationship with Jesus. (1 Chronicles 16:11)