Uittog van Russiese Jode

Ná Rusland se inval in die Oekraïne het 20 500 van Rusland se Jode (12,5%) na Israel verhuis, waar enigiemand wat ten minste een Joodse grootouer het die reg op burgerskap het. Na raming het 30 000 ander dubbele paspoorthouers Rusland sedert Maart na Israel verlaat. Duisende meer het na ander lande verhuis. In Maart het Moskou se voormalige hoofrabbi Goldschmidt na Israel gevlug, waar hy nou in ballingskap woon. Hy het gesê dat die Joodse gemeenskap onder druk geplaas is om die oorlog in die openbaar te ondersteun, maar wou dit nie doen nie. Baie glo die veiligheid en toekoms van Russiese Jode hang af van Israel-Rusland-verhoudinge, wat tans uiters onseker is, veral nadat Israeliese premier Yair Lapid Rusland se inval in die Oekraïne veroordeel het. Lapid het dit ook duidelik gemaak dat die dreigende sluiting van die Russiese tak van die Joodse Agentskap 'n 'ernstige gebeurtenis' sou wees, wat moontlik bilaterale bande in gevaar sou stel.