Tien mense in Berdyansk, Oekraïne, is gevange geneem deur Russiese burgermaggroepe. Hulle is ontvoer terwyl hulle gehelp het om inwoners uit die suidelike hawestad, wat Rusland beset, te ontruim. Die gevangenes sluit verskeie Orphan's Promise (OP) vrywilligers, 'n bestuurder en 'n bejaarde egpaar in wat die ouers is van 'n pastoor wat met OP werk. Hulle blyplek is onbekend. Hierdie burgermaggroepe is bekend vir hul wreedheid, veral teenoor vrywilligers wat Oekraïners help. Terry Meeuwsen, die stigter van OP het gesê: 'Ons het geen idee waar hierdie span is nie. Ons weet nie of hulle lewe nie. Ons weet nie of hulle versorg word nie. Ons het net geen idee nie. Om goed behandel te word was nie die tradisionele reaksie deur die Russe nie.'