Iran en Rusland versterk bande

Europa - - 22 Jul 2022 - Print - Email

Wladimir Poetin het Iran vandeesweek besoek in slegs sy tweede oorsese reis sedert hy die Oekraïne binnegeval het. Hy het 'n rooi tapyt-verwelkoming ontvang van Iran se hoogste leier wat langtermyn-samewerking met Rusland wil versterk. Teheran en Moskou ly albei onder Westerse sanksies. Ayatollah Ali Khamenei het Poetin geprys omdat hy verseker het dat sy land 'sy onafhanklikheid' van Amerika behou het en gesê hul twee lande moet waaksaam bly teen 'Westerse misleiding'. Voor Poetin se aankoms het Iranse amptenare aangedui dat hulle wapenooreenkomste met Rusland kan aangaan. "Tans is ons gereed om militêre toerusting en wapens uit te voer," het Iran se bevelvoerder van die grondmagte van Iran gesê. Sy opmerkings het gekom 'n week nadat Amerika beweer het Iran beplan om honderde wapen-geskikte hommeltuie na Moskou te stuur vir gebruik in die Oekraïne. Intussen het 'n Oekraïense missiel 'n sleutelbrug getref wat die Russies-besette stad Cherson met die swaar gemilitariseerde Krim-skiereiland verbind, te midde van berigte dat Kiev besig is om voor te berei om ingeneemde gebied in die Suide terug te neem.