Hongarye: Viktor Orban kritiseer die Oekraïne se Zelensky

Europa - - 08 Apr 2022 - Print - Email

Eerste Minister Viktor Orban het sy vierde termyn in Hongarye se algemene verkiesing gewen. In sy oorwinningstoespraak het Orban gesê: 'Ons het nog nooit soveel teenstanders gehad nie, Brusselse burokrate, die internasionale hoofstroommedia en die Oekraïense president.' Hy het noue bande met Moskou en het die oordrag van wapens na die Oekraïne verbied. Oorwinning vir Orban beteken 'n kopseer vir die EU. In 12 jaar van ampstermyn het hy die grondwet herskryf, die tophowe met sy aangesteldes gevul en die kiesstelsel tot sy voordeel verander. Tydens die veldtog was die opposisie se trefwoord 'Orban of Europa' en kla dat hy Hongarye geïsoleer het van die Europese hoofstroom, van konsensuele demokrasie, regverdigheid en ordentlikheid. Hongarye is geïsoleer in die EU en NAVO – maar nie een van die instansies sal hom verstoot nie. Hulle wil vir Rusland Westerse eenheid wys sodat hy 'n onvoorspelbare doring in hul kant sal bly. Orban het gesê Hongarye sal Rusland in roebels vir gas betaal – ander Europese lande het dit uitgesluit.